15. Johannes het vir die mense vertel van die Woord. Hy het gesê: “Hy is die Een, ek het van Hom gepraat toe ek vir julle gesê het: ‘Iemand sal kom nadat ek gekom het. Maar Hy is belangriker as ek, want Hy was daar lank voor my.’ ”
16. Die Woord is vol genade. Ons het genade gekry van Hom, baie genade.
17. Moses het die wette gebring, maar Jesus Christus het die genade gebring wat nooit ophou nie.
18. Niemand het vir God gesien nie, nog nooit nie. Maar Jesus Christus het vir ons duidelik kom sê hoe God is. Niemand anders is soos Jesus nie, Hy is self God en Hy is altyd naby die Vader.
19. Die Jode het priesters en Leviete uit Jerusalem na Johannes toe gestuur. Hulle het vir hom gevra: “Wie is jy?”Johannes het toe vir hulle vertel.
20. Hy het nie stilgebly daaroor nie, hy het reguit met hulle gepraat en gesê: “Ek is nie die Christus nie.”
21. Toe vra hulle vir Johannes: “Wie is jy? Is jy Elia?”En hy sê: “Nee, ek is nie Elia nie.”Toe vra hulle: “Is jy die profeet?”Hy het geantwoord: “Nee.”
22. Hulle het vir hom gesê: “Wie is jy? Sê vir ons, want ons moet dit gaan vertel vir die mense wat ons gestuur het. Wat sê jy oor jouself?”
23. Johannes het gesê: Ek is die man wat indie woestyn skree en sê:Maak die pad gereed vir die Here!Dit is wat die profeet Jesaja gesê het.
24. Die Jode het die mense na Johannes toe gestuur. Party van die mense was Fariseërs.
25. Die Fariseërs het vir Johannes gesê: “Jy sê jy is nie die Christus of Elia of die profeet nie. Hoekom doop jy die mense?”
26. Johannes het hulle geantwoord: “Ek doop met water. Maar daar is Iemand by julle, julle ken Hom nie.
27. Hy is die Een wat sal kom nadat ek gekom het. Hy is baie belangrik, ek is nie belangrik genoeg om sy sandale los te maak nie.”
28. Dit het alles gebeur in die stad Betanië anderkant die Jordaan-rivier. Johannes het die mense daar gedoop.