Job 15:15-29 Bybel vir Almal (ABA)

15. Kan God sy engele vertrouen is die hemel self rein genoeg vir Hom?Nee.

16. Hy kan mense nog minder vertrou,mense wat sleg is, baie sleg,mense wat aanhou om sleg te wees.

17. Luister na my, ek wil iets vir jou leer,ek wil vir jou sê wat ek self gehoor het.

18. Wyse mense het dit gesê,hulle het dit gehoor by hulle voorvadersin die tyd toe hulle die land gekry het.Die land het toe net aan hulle behoort,daar was nie ander mense by hulle nie.

19. Die wyse mense het gesê:

20. ‘Die mens wat verkeerd doen,die mens wat altyd ander mensewil seermaak en doodmaak,daardie mens is altyd bang,so lank soos hy lewe.

21. Hy hoor altyd dinge wat hom laat skrik.Wanneer hy dink dat hy veilig is,dan val mense hom aan,mense wat alles wil verwoes.

22. Hy kan nie hoop dat hy sal aanhou lewe nie,daar is altyd mense wat hom wil doodmaak.

23. Hy moet rondswerf om kos te kry,hy weet dat sy dood naby is.

24. Hy is bang, want dit is gevaarlik vir hom,so gevaarlik soos wanneer ’n koningmoet gaan oorlog maak.

25. Dit alles gebeur met hom omdat hysy vuis gewys het vir God,omdat hy wou veg teen die Almagtige.

26. Hy het vir God probeer aanvalsoos ’n soldaat wat ’n sterk skildvoor hom hou,

27. ’n soldaat wat vet aan sy gesigen sy lyf gesmeer het.

28. Maar hy sal woon in stede wat verwoes is,in huise waar mense nie kan woon nie,huise wat net hope klippe sal wees.

29. Hy sal nie ryk wees nie,hy sal nie sy goed vir homself kan hou nie,sy goed sal nie saam met hom gaanin sy graf in nie.

Job 15