Jesaja 66:1-14 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Here sê:“Wanneer Ek in die hemelop my troon sit,dan is my voete op die aarde.Dink julle dat julle vir My ’n huis kan bouwaar Ek kan woon?

2. Ek het alles gemaakmet my eie hande,en toe was dit daar.”Dit sê die Here.“Die mense wat hulleselfnie kan help nie,is belangrik vir My.Hulle is mense wat weetdat hulle nie belangrik is nie,hulle bewe wanneer Ek praat.

3. Julle offer bulle vir My,maar julle vermoor ook mense.Julle offer lammers vir My,maar julle offer ook honde vir die afgode.Julle bring koring-offers vir My,maar julle offer ook varkbloedvir die afgode.Julle offer wierook vir Myen julle prys My,maar julle prys ook die afgode.Julle het besluit om te doenwat júlle wil doen,julle hou van die slegte dingewat julle doen.

4. Ek het ook besluit,Ek het besluit om julle te strafen julle baie swaar te laat kry.Ek doen dit omdat Ek julle geroep het,maar julle het nie geantwoord nie.Julle was nie gehoorsaamtoe Ek gepraat het nie.Julle het dinge gedoenwaarvan Ek nie hou nie.”

5. Julle wat bewewanneer die Here praat,julle moet luister na wat die Here sê:“Party van julle eie mense haat julleen hulle wil julle nie ken nieomdat julle My dien.Hulle sê: ‘Die Here moet vir ons wysHy is God,sodat ons kan sienhoekom julle so bly is.’Maar die mense wat dit sê,sal jammer wees.”

6. Luister hoe raas dit in die staden in die paleis.Dit is die Here wat sy vyande strafoor die dinge wat hulle gedoen het.

7. Dink julle ’n vrou kan ’n baba kryen nie geboortepyne hê nie?

8. Nee, wie het al gehoordat so iets gebeur?Dit het nog nooit gebeur nie.’n Land en ’n volk begin nie lewein een dag nie.Maar Sion het nog net begingeboortepyne kry,toe was haar kinders klaar gebore.

9. Jou God die Here sê:“Al die kinders kom van My af,dit is Ek wat besluitdat ’n vrou kinders sal kry.

10. Julle wat lief is vir Jerusalem,julle almal wat oor die stad huil en treur,julle moet vrolik en bly wees,

11. want Jerusalem is soos ’n vrouwat haar kinders aan haar borstelaat drink en hulleveilig laat voel.Sy sal julle laat drink en laat lewe,want sy is baie sterk.”

12. Ja, die Here sê: “Ek sal kom,Ek sal dit goed laat gaanen al die duur en mooi dingevan die volke vir Jerusalem gee.Dit sal soos ’n vol rivier na die stad kom.Jerusalem sal vir julle weessoos ’n ma wat haar kinders laat drinken hulle draen hulle op haar skoot laat sit.

13. Soos ’n seun veilig voel by sy ma,so sal Ek julle veilig laat voel.Julle sal veilig wees in Jerusalem.

14. Julle sal sien dit gebeur met julleen julle sal bly wees,julle sal nuwe lewe krysoos groen gras.”Almal sal siendie Here is by sy dienaars,maar Hy is kwaad vir sy vyande.

Jesaja 66