13. Ons was opstandig teen die Here,ons het gemaak of ons Hom nie ken nie,ons het weggedraai van ons God.Ons het planne gemaakom slegte dinge te doen aan menseen om opstandig te wees teen die Here.Ons het gedinkwatter leuens ons kan vertel.
14. Niemand van ons het reg gedoenaan ander mense nie,niemand was regverdig nie.Niemand het die waarheid gepraatin ons strate nie,daar was nie plek vir ietswat reg is nie.
15. Ja, almal het leuens vertel.Wanneer iemand opgehou hetom verkeerd te doen,dan het ander mense alles gevat wat hy het.Die Here het alles gesien.Hy was kwaad omdat niemandreg doen nie.
16. Hy het dit gesienen Hy was verbaasdat niemand iets wil doenom dit te verander nie.Daarom het Hy dit self gedoen,met sy eie krag.
17. Die Here het gereedgemaakom reg te doen en om ons te red,Hy wou sy vyande strafoor die dinge wat hulle gedoen het,want Hy was baie kwaad.
18. Hy sal sy vyande straf,ook die vyande in die ver landelangs die see,want Hy is kwaad oor alleswat hulle gedoen het aan sy volk.
19. Al die mense,van die weste tot die ooste,sal bang wordwanneer hulle die Naam van die Here hoor,want hulle sal weet Hy is die Koning.Hy sal kom soos ’n vol rivieren soos ’n stormwind.
20. Die Bevryder sal na Sion kom,na die mense in Judawat ophou om opstandig te wees.Dit sê die Here.
21. Die Here sê: “Ek belowe dat my Gees en my woordeby julle sal bly,en ook by julle nageslag, nou en altyd.”