Jesaja 43:8-23 Bybel vir Almal (ABA)

8. Die Here sê:“Julle moet my volk hiernatoe laat kom,die volk wat oë en ore het,maar wat nie wil sien nie en nie wil hoor nie.

9. Al die volke moet hier bymekaarkom.Is daar een god by hulle wat kon sêwat sal gebeurof wat lank gelede gebeur het?As daar so ’n god is, dan moet hy praaten hy moet bewys dat hy ’n god is.Almal moet dit hoor en sê:‘Hy praat die waarheid.’

10. My volk, julle is die mensewat weet wie Ek is,julle is my dienaars,Ek het julle gekies.Ek het dit gedoensodat julle sal weet wie Ek is en My sal gloen sal verstaan.Daar was nie ’n ander godvóór My nie,en daar sal nie ’n ander godná My wees nie.

11. Ek, Ék is die Here.Daar is nie ’n ander godwat julle kan red nie.

12. Dit is Ek wat met julle gepraat heten wat julle gered het.Daar was nie ’n ander god by julle nie.Julle weet Ek is God.Dit sê die Here.

13. Ook hierna sal Ek nog altyd God wees.Niemand kan julle wegvat van My nie.Niemand kan My keerwanneer Ek iets wil doen nie.”

14. Die Here praat,die Here wat julle vrygemaak het,die Heilige God van Israel,Hy sê:“Ek het ’n man gestuurom die stad Babel aan te val.Ek het dit gedoen om júlle te help.Die mense van Babel sal huil,hulle sal op hulle skepe klim en vlug.

15. Ek is die Here, julle heilige God.Israeliete, Ek het julle gemaak,Ek is julle Koning.”

16. Die Here praat.Dit is Hy wat ’n pad gemaak hetdeur die wilde see,

17. en wat oorlogkarre en perde gestuur het,en ook baie en sterk soldate.Maar hulle is dood, hulle lê daar.Hulle sal nie weer opstaan nie,hulle is weg, soos die vlam van ’n lampwat dood is.

18. Die Here sê: “Julle moenie net dinkaan wat voorheen gebeur het nie.

19. Ek laat ’n nuwe ding gebeur,dit sal nou gebeur, en julle weet dit:Ja, Ek maak ’n pad deur die woestyn,en Ek laat riviere daar vloei.

20. Die wilde diere sal My eer,ook die jakkalse en volstruise,want Ek gee water in die woestyn,sodat die volk wat Ek gekies het,water sal hê om te drink.

21. Die volk wat Ek vir Myself gemaak het,sal vir almal vertel dat Ek God is.”

22. “Nageslag van Jakob, Israeliete,julle het gebid, maar julle het nie tot My gebid nie,julle het julleself moeg gemaak,maar julle het dit nie vir Mý gedoen nie.

23. Julle het nie brand-offersvan skape of bokke gebringom Mý te eer nie.Ek het julle nie hard laat werkom ete-offers vir My te bring nie,Ek het julle nie moeg gemaakom vir My wierook-offers te bring nie.

Jesaja 43