Jesaja 37:20-33 Bybel vir Almal (ABA)

20. En nou, Here, ons God, beskerm ons teen die koning van Assirië. Doen dit, sodat al die volke op die aarde kan weet dat U alleen Here is.”

21. Jesaja seun van Amos het vir Hiskia ’n boodskap gestuur. Jesaja het gesê: “Die Here, die God van Israel, sê Hy het gehoor wat jy gebid het oor Sanherib, die koning van Assirië.

22. Dit is wat die Here oor Sanherib sê:“Sanherib, die mense van Sionlag vir jou,hulle dink jy beteken niks.Die mense van Jerusalemsteek hulle tong uit vir jou,want jy moet nou weggaan.

23. Oor wie het jy sleg gepraat?Vir wie het jy geskreeen teen wie het jy gespog?Dit was teen die Heilige God van Israel!

24. Jy het jou offisiere gestuurom sleg te praat oor die Here.Jy het gesê: ‘Ek het teendie hoogste berge opgerymet my baie oorlogkarre.Ek het gery tot bo-op die Libanon-berg.Ek het die grootste sederbome afgekap,die mooiste sipresbome op die berg.Ek het gekom tot op die hoogste plekop die berg,tot waar die meeste bome is.

25. Ek het putte gegraween water gedrink,ek het al die riviere van Egiptedroog laat wordtoe ek deur hulle geloop het.’

26. Maar jy moet weetdat Ek lank gelede besluit hetdat jy dit moet doen,Ek, die Here, het lank gelede gesêdit moet so wees,en nou het Ek dit laat gebeur.Daarom kon jy stede verwoes,stede wat sterk mure het.Daardie stede is nounet hope klippe.

27. Die mense wat in die stedegewoon het,was nie sterk nie.Hulle het geskrik,hulle het nie geweetwat om te doen nie.Hulle was soos die plantein die veld,soos groen bossies,soos gras op die plat dakvan ’n huis.Dit word droog en gaan doodvoordat dit goed kan groei.

28. Sanherib, Ek weet alles wat jy doen,wanneer jy sit of gaan of kom.Ek weet ook wat jy allesteen My gesê het.

29. Ek weet wat jy teen My gesê heten Ek het gehoor hoe hoogmoedigjy gepraat het teen My.Daarom sal Ek’n vishoek deur jou neus siten Ek sal ’n stang in jou mond sit.Ek sal jou lei soos ’n perd,terug op dieselfde padwat jy gekom het.

30. “En, Hiskia, Ek sal vir jou ’n teken gee: Hierdie jaar sal julle die koring eet wat self opkom, en volgende jaar sal julle die koring eet wat dan nog self opkom. Maar die jaar daarna sal julle saai en koring afsny, julle sal wingerde plant en druiwe eet.

31. Die mense van Juda wat oorgebly het en wat nog lewe, sal wees soos plante wat sterk wortels in die grond het en wat baie vrugte dra.

32. Ja, mense sal kom van Jerusalem, van Sionsberg, mense wat oorgebly het en wat nog lewe. Dit sal gebeur, want die Here wat oor alles regeer, sal die mense van Juda nie alleen los nie.”

33. Daarom sê Ek, die Here, hierdie woorde oor die koning van Assirië:“Hy sal nie in hierdie stad inkom nie,hy sal nie hier met sy pyl en boog skiet nie.Hy sal nie hier sy skild kom optel om homself te beskerm nie.Hy sal nie grond teen die stad se muur gooisodat hy oor die muur kan klim nie.

Jesaja 37