1. Die droë woestynsal bly wees en juig,daar sal blomme groeiin die woestyn.
2. Daar sal oral blomme wees,die woestyn sal juig,meer nog, hy sal sing.Die woestyn sal so mooi weessoos die Libanon-bergof soos die Karmel-bergen die Saron-vlakte.Almal sal siendat die Here die Koning is,hulle sal sien dat ons God kom,hulle sal die lig rondom Hom sien.
3. Mense se hande hang papen hulle knieë bewe,maar julle moet hullesterk maak en help.
4. Sê vir die mense wat moedeloos is:“Julle moet sterk wees,julle moenie bang wees nie.Kyk, julle God sal kom,Hy kom om die vyande te strafomdat hulle slegte dingeaan julle gedoen het.Julle God komen Hy sal julle red.”
5. Dan sal die blinde menseweer kan sien,en die dowe mensesal weer kan hoor.