15. Dit is die mense wat reg leween wat die waarheid praat,die mense wat nieander mense se goed vatom hulleself ryk te maak nie,die mense wat nie presente vatom verkeerd te doenaan ander mense nie,die mense wat nie luisterna planne om mense te vermoor nie,die mense wat nie verkeerdwil doen nie.
16. Hierdie mense sal hoog in die berge woonen hulle sal veilig wees agter die rotse.Hulle sal kos kry,en hulle sal altyd water hê.”
17. Julle sal self ’n koning sienwat mooi klere dra,en julle sal sien die land is groot.
18. Dan sal julle onthouhoe julle geskrik hettoe die vyande julle goed getelen geweeg het om dit saam te vat,en die torings getel het om dit af te breek.
19. Maar julle sal nie weerdaardie hoogmoedige volk sien nie,daardie volk wat ’n taal praatwat julle nie kan verstaan nie.
20. Kyk na Sion, na Jerusalem,die stad waar ons bymekaarkomom fees te vier.Julle sal sien dit is ’n plekwaar julle veilig kan woon.Dit is soos ’n tentwat niemand afslaan nie,niemand trek die tent se penne uit nie,en die toue breek nie.
21. Die Here sal daar vir onsdie God wees wat Koning is,dit sal ’n plek wees waar daar riviereen groot waterstrome is,maar die roeibote en die oorlogskepevan die vyandesal nie daar kom nie.
22. Ja, die Here is ons Regter,die Here is ons Leier,die Here is ons Koning.Hy sal ons red.
23. Die toue van die vyandese skepe hang pap,die toue hou nie die maspaalvan die skip regop nie,die maspaal waaraan die seile is,en die toue hou nie die seilestyf nie.Daar is baie goedwat julle kan vat,ook die lam mensesal alles vat wat hulle wil.
24. Niemand in Jerusalemsal sê hy is siek nie.Die Here het die sonde vergewevan die mense in die stad.