Jesaja 31:5-9 Bybel vir Almal (ABA)

5. Soos ’n voël bokant sy nes vliegom dit te beskerm,so sal die Here Jerusalem beskerm.Hy is die Here wat oor alles regeer,Hy sal kom,en Hy sal die mense van Jerusalembeskerm en red.

6. Israeliete, julle moet terugkomna die Here toe,want julle het ver weggegaan van Hom.

7. Eendag sal elkeen van jullesy afgode weggooi,die afgode van silwer en goudwat julle self gemaak hettoe julle sonde wou doen.

8. Die Assiriërs sal sterf,maar dit sal nie mense weeswat hulle doodmaak nie.Hulle sal vlug,en hulle jongmanne sal soos slawemoet werk vir die vyande.

9. Hulle beste leiers sal vlug,hulle offisiere sal skriken weghardloop.Hulle sal hulle vlag daar los.Die Here het dit gesê.Op sy altaar in Sionbrand ’n vuur.

Jesaja 31