Jesaja 26:9-12 Bybel vir Almal (ABA)

9. Ek verlang na U met my hele hart,ook in die nag,en ek soek na U.Wanneer U die Regter isen U straf die mense,dan leer U vir hulle om reg te leweop die aarde.

10. Maar wanneer U goed isvir die mense wat verkeerd doen,dan leer hulle nie om reg te lewe nie.Hulle hou aan om verkeerd te doenen hulle sien niedat die Here die Koning is nie.

11. U het u hand opgeligom hulle te straf,maar hulle sien dit nie.Here, wys vir hulledat U lief is vir u volk.Laat u vyande in die vuur brandwanneer U kwaad word,sodat hulle sal weethulle kan self niks doen nie.

12. Here, U sal oor ons regeeren vir ons vrede gee,want dit is U wat alles gedoen hetwat ons gedoen het.

Jesaja 26