15. Daarom sal die mense in die oosteook die Here eer,die mense in die lande by die seesal die Naam van die Here prys,die Here, die God van Israel.
16. Ons sal hoor die mense singoral op die aarde.Ons sal hoor hulle prysdie Regverdige God.Maar ek, die profeet, sêdit gaan sleg met my, baie sleg.Die mense verraai mekaar,hulle hou nie opom mekaar te verraai nie.
17. Julle wat op die aarde woon,julle sal baie bang word,julle sal in vang-gate valen hulle sal julle met vangnette vang.
18. Wanneer een van julle bang worden vlug omdat die vyande raas,dan sal hy in die vang-gat val,en wanneer hy uit die gat klim,dan sal hulle hom met ’n vangnet vang.Ja, en dit sal baie reën,en die aarde sal bewe.