7. Al die mense sal baie bang word.Hulle hande sal pap hangen hulle harte sal bang word en bewe.
8. Hulle sal pyne kry en skrik,hulle sal krom buig soos ’n vrou wat ’n baba kry.Hulle sal kyk na mekaar,en hulle gesigte sal brand van die pyn.
9. Kyk, die dag van die Here sal kom.Die Here sal nie jammer weesvir die mense van Babel nie.Hy is kwaad en Hy sal die land Babel verwoes,Hy sal die mense van Babel doodmaak,hulle is sondaars.
10. Ja, die sterre in die lug sal nie skyn nie,die son sal opkom maar die son sal donker wees,die maan sal nie lig gee nie.
11. Die Here sê:“Ek sal die slegte mense in die wêreld straf,die mense wat verkeerd doen,Ek sal die parmantige en hoogmoedige mense laat sterf,Ek sal die hoogmoedige en wrede mense hard laat val.
12. Die mense wat oorbly, sal baie min wees,hulle sal minder wees as die goud van die land Ofir.
13. “Ek, die Here wat oor alles regeer,is baie kwaad.Die dag sal kom wanneer Ekdie mense van Babel sal straf.Dan sal Ek die hemel skud,en die aarde sal bewe.Ek sal die aarde uit sy plek skud.
14. Al die mense van ander landesal vlug na hulle eie volke toe en na hulle lande.Dit sal wees soos wanneer iemand ’n wildsbok skrikmaak,of soos wanneer die skape weghardloopwanneer niemand hulle oppas nie.
15. Die vyande sal elke mens gryp wat hulle kryen hulle sal hom doodmaak.
16. Die mense van Babel sal sienhoe die vyande hulle babas doodslaan,hulle goed uit hulle huise vaten hulle vroue verkrag.
17. Ek sal die Mediërs stuur om Babel aan te val.Die Mediërs wil nie silwer of goud hê nie,hulle wil oorlog maak.