Jesaja 1:1-13 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Here het vir Jesaja gewys wat sal gebeur met Juda en Jerusalem. Dit was in die tyd toe vier konings ná mekaar koning van Juda was. Die konings was Ussia, Jotam, Agas en Hiskia. Jesaja was die seun van Amos.

2. Die Here het gesê:“Die hemel en die aarde moet luister en hoor wat Ek sê:Ek het kinders grootgemaak en Ek het vir hulle geleer hoe om te lewe,maar hulle wou nie luister na My nie.

3. ’n Bees weet aan wie hy behoort,en ’n donkie weet waar sy eienaar vir hom kos gee,maar die Israeliete wil nie naby My wees nie.My volk wil nie aan My behoort nie.”

4. Israeliete, dit sal sleg gaan met julle.Julle is almal sondaars.Julle het baie verkeerd gedoen, julle doen net slegte dinge.Julle verwoes alles, julle wil nie naby die Here bly nie.Die Heilige God van Israel was nie belangrik vir julle nie,julle het weggegaan van Hom.

5. Wil julle hê Ek moet julle nog meer straf?Julle hou aan om ongehoorsaam te wees aan My.Dit is soos wanneer ’n mens iemand baie geslaan het:sy hele kop is stukkend en sy liggaam is baie swak.

6. Van sy kop tot by sy tone is sy hele lyf vol seerplekke,vol kneusplekke waar die persoon hom geslaan het.Niemand het die seerplekke skoongemaak en toegedraaien met olyf-olie sag gemaak nie.

7. So het die vyande julle land verwoes en julle stede afgebrand.Mense van ander lande eet julle kos en hulle verwoes alles,en julle moet staan en kyk.

8. Jerusalem het alleen oorgebly, en die vyande is rondom die stad.Die stad is soos ’n afdak in ’n wingerd,soos ’n huisie van takke in ’n komkommer-tuin.

9. Julle sê: Die Here wat oor alles regeer, het ons nie almal laat sterf nie, Hy het ’n paar van ons laat oorbly. As Hy dit nie gedoen het nie, dan het die vyande ons verwoes, en dan was ons soos Sodom en Gomorra.

10. Maar júlle is soos Sodom en Gomorra, julle, die leiers en die volk.Julle moet luister na wat die Here nou vir julle sê, julle moet hoor wat Hy vir julle wil leer.

11. Die Here sê:“Hoekom bring julle vir My so baie offers?Ek is moeg vir die ramme en die vet beeste wat julle offer,Ek hou nie van bulle en lammers en bokke se bloed nie.

12. Ek het nie gesê julle moet na my tempel komen die plek stukkend trap wanneer julle offers bring nie.

13. Die presente wat julle vir My bring, beteken niks,en die wierook ruik nie lekker vir My nie.Julle moet ophou om dit te offer.Julle vier feeste op die Nuwemaan-dag en die Sabbatdag,julle kom by die tempel bymekaar.Julle hou gewyde feesdaemaar dan doen julle slegte dinge.Ek hou nie daarvan nie.

Jesaja 1