Jeremia 51:32-44 Bybel vir Almal (ABA)

32. Hulle het die vyande by die driwwe oorwinen hulle het die riete aan die brand gesteek.Die soldate van Babel is te bang om iets te doen.

33. Die Here wat oor alles regeer, die God van Israel, sê:“Ja, Babel is soos ’n dorsvloer,die mense is gereed om die koring te trap.Oor ’n kort tydjie sal die vyande so op hulle trap.”

34. Koning Nebukadnesar was soos ’n monster.Hy het ons ingesluk en opgevreet,daar het niks van ons oorgebly nie.Hy het ons ingesluk, hy het sy maag vol geëet,hy het ons leeggedrink en weggestoot.

35. Die mense van Sion sê:“Die Here moet die mense van Babel strafoor die dinge wat hulle aan ons gedoen het.Hulle het ons seergemaak,hulle het ons bloed laat vloei.”

36. Daarom sê die Here:“Kyk, Ek sal die mense straf oor wie julle kla,Ek sal Babel se baie water laat droog word,ook sy fontein sal droog word.

37. Babel sal ’n hoop klippe word,’n plek waar jakkalse bly.Mense sal bang word en fluit oor Babel,daar sal niemand woon nie.

38. Die mense van Babel sal brul soos leeus,

39. en wanneer hulle baie honger is,dan sal Ek hulle laat eet en drink.Ek sal hulle dronk maaksodat hulle vrolik word,en hulle sal aan die slaap raaken nooit weer wakker word nie.”Dit sê die Here.

40. Die Here sê:“Ek sal hulle soos ramme na die slagplek bring,soos skaap-ramme en bok-ramme.”

41. Almal op die aarde het gepraat oor Babel,maar vyande het die stad oorwin en gevat.Al die volke het geskrikoor wat met Babel gebeur het.

42. Die water het oor Babel gestroom,die branders het geraasen dit het bo-oor die stad gevloei.

43. Die vyande het die stede van Babel verwoes,die land is ’n droë woestyn,daar woon niemand nie,en nie een mens gaan daar verby nie.

44. Ek sal vir Bel straf in Babel,Ek sal alles wat hy ingesluk het,uit sy mond ruk.Volke sal nie meer na Babel gaan nie.Babel se muur sal omval.

Jeremia 51