Jeremia 51:12-22 Bybel vir Almal (ABA)

12. Julle moet die vlag in die lug ophouby die muur van Babel,julle moet wagte rondom die stad laat staan,julle moet soldate laat wegkruip rondom die stad,want die Here het besluiten Hy sál doen wat Hy gesê hetmet die mense van Babel.

13. Babel, jy het by baie water gewoonen jy was ryk,maar jou einde het gekom,die vyande sal jou verwoes.

14. Die Here wat oor alles regeer,het besluit, en Hy is self die getuie.Hy sê: “Ek sal baie soldate in jou laat kom,so baie soos sprinkane,en hulle sal skree en jou oorwin.”

15. Die Here het die aarde en die hemel gemaak.Hy het dit gedoen met sy krag en sy wysheid.

16. Wanneer Hy praat,dan raas die water in die hemel.Hy bring die wolke van ver oor die aarde,Hy laat die weerlig slaan en die wind waai.

17. Maar mense wat beelde maaken wat hulle dien, is dom,daardie mense weet niks.Die beelde kan niks vir hulle doen nie,daar is nie lewe in die beelde nie.

18. Hulle is soos wind wat wegraak,mense lag vir hulle.Wanneer die Here hulle straf,dan sal hulle verdwyn.

19. Maar die God van Jakob is nie soos die beelde nie,want Hy het alles gemaak.Die Israeliete is sy eie volk.Sy Naam is die Here wat oor alles regeer.

20. Die Here sê: “Babel, jy was my hamer, my wapen,Ek het teen volke oorlog gemaak met jou.Ek het volke stukkend geslaan met jouen Ek het lande verwoes,

21. Ek het perde stukkend geslaan met jouen ook die soldate wat op die perde ry,Ek het oorlogkarre stukkend geslaan met jouen ook die soldate op die waens.

22. Ek het mans en vroue stukkend geslaanmet jou, ook oumense en kinders,jongmans en meisies.

Jeremia 51