3. want ’n volk het uit die noorde gekomen hulle het Babel oorwin.Hulle het die land leeggemaak,daar is nie mense nie,niemand woon nou daar nie,die mense en diere het gevlug.”
4. Die Here sê: “Wanneer dit gebeur, in daardie tyd, dan sal die Israeliete kom, en die Judeërs sal saam met hulle kom. Hulle sal loop en huil en hulle sal hulle God die Here soek.
5. Hulle sal vra waar is die pad na Sion en hulle sal na Sion gaan, hulle sal kom om by die Here te wees. Ek sal my verbond met hulle nooit breek nie, dit sal vir altyd wees, en hulle sal dit nie vergeet nie.
6. My volk was soos skape wat weggeraak het, hulle herders het hulle laat wegraak en laat verdwaal op die berge. Hulle het van die een berg na die ander berg geloop en hulle het vergeet waar hulle lêplek is.
7. Almal wat by die skape gekom het, het die skape geslag en geëet, en hulle vyande het gesê: ‘Die Here sal ons nie straf nie, want die Israeliete het sonde gedoen teen die Here. Die Here wou vir hulle soos ’n weiveld wees waar hulle kon rus. Hulle voorvaders het geglo dat Hy die Here is wat hulle sal help.’