Jeremia 48:39-42 Bybel vir Almal (ABA)

39. Die Moabiete is bang, hulle huil en vlug,want hulle het verloor in die oorlog.Al die volke rondom die Moabiete lagoor wat met hulle gebeur het,en mense skrik wanneer hulle dit sien.

40. Ja, die Here sê:“Kyk, die vyande sal afkom soos aasvoëlsen hulle sal oor Moab vlieg.

41. Hulle sal die stede oorwin,ook die stede wat sterk mure het.“Die soldate van Moab sal daardie dag so bang word soos ’n vrou wanneer haar baba gebore moet word.

42. “Die vyande sal die Moabiete doodmaak,hulle sal nie meer ’n volk wees nie,want hulle het gedink hulle is belangrikeras die Here.”

Jeremia 48