Jeremia 48:2-13 Bybel vir Almal (ABA)

2. Die mense van Moab was trots op die stad,maar die vyande het dit verwoes.Die vyande het in die stad Gesbon gekom.Hulle wil die stad verwoes,hulle wil hê dat niemand later sal weetvan die stad nie.Mense van die stad Madmen, die vyandesal julle ook doodmaak,hulle sal julle jaag met hulle swaarde.

3. Die mense van die stad Goronajim skreeen vra dat iemand hulle moet help,die vyande verwoes die staden hulle breek die mure af.

4. Die land Moab is stukkend,die mense in die kleinste dorpies skreeen vra dat iemand hulle moet help,

5. Ja, hulle loop huil-huil op na die stad Lugit,ja, hulle loop af na die stad Goronajimen hulle skreeen hulle vra dat iemand hulle moet help,want die vyande het hulle dorpies verwoes.

6. Mense van Moab, julle moet vlug,julle moet julle lewens red,julle moet word soos wildedonkiesin die woestyn.

7. Want julle het gedink die goedwat julle self gemaak heten alles wat julle het, kan julle help.Daarom sal die vyande julle wegvat,en hulle sal ook julle god Kemos wegvat,en sy priesters en sy amptenare saam met hom.

8. By elke stad sal mense komwat die stad verwoes,hulle sal al die stede verwoes.Die vyande sal die valleieen die Hoëveld van Moab verwoes.”Die Here het dit gesê.

9. Die mense van Moab moet vlug,ja, hulle moet gaan, dit is seker.Die stede van Moab sal leeg word,niemand sal daar woon nie.

10. Mense wat die werk van die Here moet doen,julle moet weet dat die Here julle sal strafas julle die werk nie goed doen nie.Hy sal julle straf as julle nie die mense doodmaakwat julle moet doodmaak nie.

11. Dit het altyd goed gegaanmet die mense van Moab,niemand het hulle gepla nie,hulle was so veiligsoos die fyn stof wat afsaken onder in ’n kruik oorblywanneer iemand die wyn in ’n ander kruik gooi.Vyande het nie die mense van Moabgevang en weggevat nie.Die mense van Moab het nie verander nie,hulle is soos die wyn wat nie verander het nie,dit smaak en ruik nog dieselfde.

12. Die Here sê:“Daarom, die tyd kom noudat Ek mense na Moab sal stuurom sy mense weg te vaten sy stede te verwoes,soos wanneer mense wyn uitgooien die kruike leegmaak en stukkend slaan.

13. Die god Kemos sal nie vir Moabkan help nie.Die mense van Israel het ook gedinkdie god Bet-El sal vir hulle kan help,maar hy kon nie.

Jeremia 48