Jeremia 31:35-40 Bybel vir Almal (ABA)

35. Die Here gee die sonom in die dag lig te gee,en in die nag gee Hy die sterreen die maan om lig te gee.Hy roer die see sodat die branderswild word.Sy Naam is die Here wat oor alles regeer.

36. Die Here sê:“Hierdie dinge sal altyd weer gebeur,dit sal nooit verdwyn nie.So sal die nageslag van Israelook nooit ophou om vir altyd’n volk te wees nie.”

37. Die Here sê:“Niemand kan die hemel daarbomeet nie,en niemand kan kykof die fondamente van die wêreldreg is nie.So sal Ek ook nooitdie hele nageslag van Israel losoor alles wat hulle gedoen het nie.”

38. Die Here sê: “Die tyd sal nou kom wanneer hulle die stad van die Here weer sal bou, van die Gananel-toring tot by die Hoek-poort,

39. en van die Hoek-poort sal hulle reguit meet tot op die Gareb-heuwel, en dan sal hulle draai na Goa.

40. Die hele vallei waar hulle mense begrawe het en waar hulle die altaar-as weggegooi het en die hele stuk grond tot teen die Kedron-vallei sal gewy wees aan die Here, en ook die stuk grond tot by die Perde-poort, oos van die poort. Niemand sal weer die stad verwoes en sy mure afbreek nie.”

Jeremia 31