Jeremia 31:13-16 Bybel vir Almal (ABA)

13. Dan sal die jong vroue weerbly wees en dans,en die jongmans en die ou manssal saam met hulle dans.Ek sal hulle rou verander, en hulle sal vrolik wees,Ek sal hulle lewe verander,hulle was hartseer,maar Ek sal hulle bly maak.

14. Ek sal die priesters wat nou honger is,lekker laat eet.Ek sal my volk genoeg laat eetvan die goeie dinge wat Ek sal gee.”Dit het die Here gesê.

15. Die Here sê:“Die mense hoor iets in die stad Rama,hulle hoor dat iemand kla en baie hartseer huil.Dit is Ragel wat huil oor haar kinders,sy wil nie hê die mense moet haar troos nie,sy huil oor haar kinders, want hulle is weg.”

16. Die Here sê:“Jy moenie aanhou huil nie,want Ek sal vir jou iets geeomdat jy dit alles gedoen het.”Dit sê die Here.“Jou kinders sal terugkomuit die vyand se land.

Jeremia 31