8. Maar julle was nie gehoorsaam nie, julle het nie geluister nie. Julle was hardkoppig en het aangehou lewe soos julle slegte harte vir julle gesê het. Daarom het Ek met julle laat gebeur wat Ek gesê het toe Ek die verbond gemaak het met julle voorvaders. Julle het nie gedoen wat Ek gesê het julle moet doen nie.”
9. Die Here het ook vir my gesê: “Die mense van Juda en die mense wat in Jerusalem woon, het besluit om ander gode te dien.
10. Hulle het dieselfde sondes gedoen wat hulle voorvaders gedoen het. Hulle voorvaders was nie gehoorsaam aan wat Ek gesê het nie en hulle het ander gode gaan dien. Die volk Israel en die volk Juda het die verbond gebreek wat Ek met hulle voorvaders gemaak het.
11. Daarom sal Ek hulle straf. Hulle sal swaarkry en hulle sal My roep en vra Ek moet help, maar Ek sal nie luister nie.
12. Die mense van Juda en die mense wat in Jerusalem woon, sal dan na hulle gode roep en hulle sal vra dat die gode hulle moet help. Hulle het wierook-offers vir daardie gode gebring, maar die gode sal hulle glad nie kan red wanneer dit sleg gaan nie.
13. Die mense van Juda het baie gode gehad, so baie soos hulle stede. In Jerusalem was daar baie altare, so baie soos hulle strate. Hulle het wierook-offers op die altare gebring vir die skande-afgod Baäl.
14. En jy, Jeremia, jy moenie vir hierdie volk bid nie, jy moenie vir My vra om hulle te help nie, want Ek sal nie luister wanneer hulle My roep nie, Ek sal nie hulle swaarkry wegvat nie.
15. “Julle loop heen en weer in my tempelen julle maak slim planne,dit sal julle niks help nie.Julle offer baie vleis,maar dit sal nie julle swaarkry wegvat nie.Julle het slegte dinge gedoen,en julle mag nie nou juig nie.”
16. Die Here het gesê julle is soos groen olyfbomewat mooi vrugte dra, maar nou sal Hy vyande laat kom,en hulle sal skree en die olyfbome se blare brandof die blare van die takke af-eet.
17. Die Here wat oor alles regeer, het die olyfboom geplant, Hy het vir die Israeliete lewe gegee. Maar Hy het nou besluit dat hulle sal swaarkry, want die volk Israel en die volk Juda het slegte dinge gedoen. Hulle het vir Baäl wierook-offers gebring en so het hulle die Here kwaad gemaak.
18. Die Here het dit vir my gesê, en nou weet ek dit. Hy het my laat sien wat my vyande doen.
19. Ek was soos ’n mak lam, hulle wou my slag, maar ek het dit nie geweet nie. Hulle het planne gemaak teen my en hulle het gesê: “Kom ons kap hierdie boom af saam met sy vrugte. Ons wil hom wegvat van die mense wat lewe. Niemand moet onthou dat hy gelewe het nie.”