Hosea 9:8-12 Bybel vir Almal (ABA)

8. God het die profeet gestuur,en die profeet moet die mensevan Efraim oppas.Maar hulle wil die profeet vangsoos ’n mens ’n voël vang.Hulle wil hom aanval,ook in die tempel van sy God.

9. Hulle is baie slegte mense,hulle is so sleg soos die mensevan die stad Gibea, lank gelede.Die Here sal onthouwat hulle gedoen het,Hy sal hulle straf oor hulle sondes.

10. Die Here het gesê:“Ek was blyoor die mense van Israel,so bly soos oor druiwewat ’n mens in die woestyn kry,so bly soos oor die eerste vyeaan ’n jong vyeboom.Maar hulle voorvadershet die skande-afgod gaan dienby die stad Baäl-Peor,en hulle het net so stinken sleg gewordsoos die afgod.

11. “Alles sal verdwyn waarop die mensevan Efraim trots was.Dit sal wees soos wanneer ’n duifwegvlieg en nie terugkom nie.Die mense van Efraimsal nie meer kinders kry nie.

12. En wanneer hulle probeer om die kinderswat hulle het, groot te maak,dan sal Ek die kinders doodmaak.Daar sal niemand oorbly nie.Dit sal sleg gaan met hullewanneer Ek hulle los en weggaan.

Hosea 9