1. Die mense van Israelhet baie geword.Hulle was soos wingerdstokkewat baie druiwe dra.Maar toe hulle baie word,het hulle baie altare gebou.Toe dit goed gaan met die land,het hulle mooi klip-palegemaak.
2. Hulle is vals,daarom is dit regdat die Here hulle straf.Hy sal hulle altare stukkend breeken hulle klip-pale verwoes.
3. Hulle sê nou:“Ons wil nieluister na die koning nie,want ons is nie bangvir die Here nie,en ’n koning kan ons nie help nie.”
4. Hulle belowe baie dinge,en hulle sê die Hereis die getuie,maar hulle liegwanneer hulle dit sê.Hulle laat mense sterfwat reg gedoen het.Dit is soos wanneer die mensedie giftige plante eetwat groei by die waterslotelangs die koringlande.
5. Die mense watin die land Samaria woon,is bekommerdoor die beeldvan die bul-kalfin die sondestad Bet-El.Die volk en die priesters huilen treur oor die beeld,want die vyande het alles weggevatwat by die beeld was.