Hooglied 4:4-9 Bybel vir Almal (ABA)

4. Jou nek is soos die toring van Dawidmet sy klippe in rye,daar hang 1 000 skilde aan die toring,dit is almal skilde van spesiale manne.

5. Jou twee borste is soos twee jong takbokkies,soos die tweeling-lammers van ’n gaselwat tussen die blomme wei.

6. Ek sal na die mirre-berg gaan,na die wierook-heuweltotdat die aandwind waai en die skaduwees verdwyn.

7. My liefste, alles van jou is mooi,daar is niks foute aan jou nie.”

8. Hy sê: “Bruid, kom saam met my van die Libanon-berg,jy moet saam met my kom van die Libanon-berg,jy moet afkom van bo-op die Amana-berg,van bo-op die Senir-berg en die Hermon-berg,weg van die plekke waar die leeus woon,weg van die berge van die luiperds.”

9. Hy sê: “My suster, my bruid,jy het my opgewonde gemaak,jy het my hart vinnig laat kloptoe jy net een maal na my gekyk het,net een stukkie van die ketting om jou nekhet my opgewonde gemaak.

Hooglied 4