Handelinge 9:3-10 Bybel vir Almal (ABA)

3. Terwyl Saulus op die pad was naby Damaskus, het daar skielik ’n lig rondom hom geskyn uit die lug.

4. Toe hy op die grond val, het hy gehoor dat Iemand sê: “Saul, Saul, hoekom doen jy hierdie slegte dinge aan My?”

5. Saulus vra toe: “Meneer, wie is jy?”Die Persoon het gesê: “Ek is Jesus, jy doen slegte dinge aan My.

6. Maar jy moet opstaan en jy moet in die stad ingaan, dan sal iemand vir jou sê wat jy moet doen.”

7. Die mans wat saam met Saulus geloop het, was so bang en verbaas dat hulle stil gaan staan het, want hulle het die stem gehoor van die Persoon wat gepraat het, maar hulle het niemand gesien nie.

8. Toe Saulus opstaan van die grond, het hy sy oë oopgemaak, maar hy kon niks sien nie. Die mense wat saam met hom was, het toe sy hand geneem en hulle het hom in Damaskus ingebring.

9. Saulus kon drie dae lank nie sien nie, en het hy niks geëet en ook niks gedrink nie.

10. Daar was ’n gelowige in Damaskus. Sy naam was Ananias. Die Here het na Ananias gekom en Hy het vir hom gesê: “Ananias!”Ananias antwoord toe: “Hier is ek, Here, ek luister.”

Handelinge 9