Handelinge 15:3-8 Bybel vir Almal (ABA)

3. Die gemeente in Antiogië het vir Paulus en Barnabas en die ander mense gestuur, en hulle het deur die land Fenisië en die provinsie Samaria gegaan. Hulle het vir die gelowiges vertel dat die heidene verander het en dat hulle begin lewe het soos God wil hê, en so het Paulus en sy vriende al die gelowiges baie bly gemaak.

4. In Jerusalem het die gemeente en die apostels en die ouderlinge vir Paulus, Barnabas en die ander vriende gesê dat hulle welkom is. Toe het Paulus, Barnabas en die ander vriende vir die mense vertel van alles wat God vir hulle laat doen het.

5. Maar party van die gelowiges was Fariseërs voordat hulle in Christus begin glo het. Hulle het opgestaan en gesê: “Daardie heidene wat nou in Christus glo, moet besny word. Julle moet ook vir hulle sê dat hulle moet doen wat die Wette van Moses sê.”

6. Die apostels en die ouderlinge het toe vergadering gehou om hieroor te praat.

7. Nadat hulle baie met mekaar hieroor gestry het, het Petrus opgestaan en vir hulle gesê: “Vriende, julle weet dat God lank gelede vir my gekies het om die goeie boodskap te bring sodat die heidene dit kan hoor en kan begin glo in die Here.

8. God weet hoe ’n mens se hart regtig is. God het vir die heidene wat begin glo het, die Heilige Gees gegee, soos Hy voorheen die Heilige Gees ook vir ons gegee het. So het God vir die mense gewys dat dit Hý is wat werk.

Handelinge 15