38. Julle weet dat God die Heilige Gees in Jesus van Nasaret laat kom het en dat God vir Hom krag gegee het. God was by Jesus, daarom het Jesus na baie plekke gegaan en Hy het goeie dinge gedoen: Hy het almal gesond gemaak wat baie swaar gekry het omdat die duiwel in hulle was.
39. En ons is getuies van alles wat Jesus in die land van die Jode en in Jerusalem gedoen het. Die Jode het vir Jesus aan ’n houtpaal gehang en so het hulle Hom doodgemaak.
40. Maar God het vir Jesus op die derde dag weer laat lewe en God het Jesus vir ons gewys.
41. God het Hom nie vir al die mense van die volk gewys nie, net vir ons, ons wat saam met Jesus geëet en gedrink het nadat Hy gesterf het en nadat God vir Jesus weer laat lewe het. God het ons voor daardie tyd gekies om getuies hiervan te wees.
42. God het ook gesê dat ons vir die volk moet vertel en moet getuig dat God vir Jesus gekies en aangestel het om die Regter te wees. Die Regter moet oordeel oor die mense wat lewe en oor die mense wat klaar gesterf het.
43. Dit is oor Hóm wat al die profete getuig. Hulle sê dat God die sondes sal vergewe van elkeen wat in Jesus glo.”
44. Terwyl Petrus nog besig was om hierdie dinge te sê, het die Heilige Gees gekom in al die mense wat geluister het na Petrus se boodskap.
45-46. Die Joodse gelowiges wat saam met Petrus gekom het, het gehoor dat die mense in tale praat en hulle het gehoor dat die mense God prys. Die Joodse gelowiges was toe baie verbaas omdat God die Heilige Gees ook in heidene laat kom het. Petrus sê toe:
47. “Niemand kan dit keer nie, hierdie mense mag met water gedoop word, want hulle het ook die Heilige Gees ontvang, soos ons.”
48. Petrus het toe gesê dat Kornelius en al sy mense gedoop moet word in die Naam van Jesus Christus. Daarna het hulle vir Petrus gevra om nog ’n paar dae daar te bly.