30. Die grot en grond van Makpela is naby Mamre in Kanaän. Dit is die grond wat Abraham van Efron, die Hetiet, gekoop het om daar ’n graf te hê.
31. Abraham se familie het hom en sy vrou Sara daar begrawe, en ook vir Isak en sy vrou Rebekka, en vir Lea.
32. Abraham het die grond en die grot daarop van die Hetiete gekoop.”
33. Toe Jakob klaar met sy seuns gepraat het, het hy weer gaan lê en hy het gesterf.