Genesis 46:18-27 Bybel vir Almal (ABA)

18. Dit was die seuns van Silpa, die slavin wat Laban vir sy dogter Lea gegee het. Hulle almal saam was 16 mense.

19. Jakob se vrou Ragel het twee seuns gehad. Hulle was Josef en Benjamin.

20. Josef het getrou met Asenat. Sy was die dogter van Poti-Fera, die priester van die stad On. Sy het in Egipte twee seuns gekry vir Josef. Hulle was Manasse en Efraim.

21. Benjamin se seuns was Bela, Beker, Asbel, Gera, Naäman, Egi, Ros, Muppim, Guppim en Ard.

22. Dit was die seuns wat Ragel vir Jakob gekry het. Hulle almal saam was 14 mense.

23. Dan het een seun gehad. Sy naam was Gussim.

24. Naftali se seuns was Jagseël, Guni, Jeser en Sillem.

25. Dit was die seuns van Bilha, die slavin wat Laban vir sy dogter Ragel gegee het. Hulle was almal saam sewe mense.

26. Die kinders en kleinkinders van Jakob wat saam na Egipte gegaan het, was almal saam 66. Die vroue van Jakob se seuns het ook saamgegaan, maar hulle het nie getel hoeveel vroue daar was nie.

27. Josef het ook nog twee seuns gehad wat in Egipte gebore is. Daar was 70 mense in Jakob se familie wat na Egipte gegaan het.

Genesis 46