15. Dit was die seuns van Lea wat sy vir Jakob in Paddan-Aram gekry het. Sy het ook ’n dogter gehad, haar naam was Dina. Hulle almal saam was 33 mense.
16. Gad se seuns was Sifjon, Gaggai, Suni, Esbon, Eri, Arod en Areli.
17. Aser se seuns was Jimna, Jiswa, Jiswi en Beria. Hulle suster se naam was Serag. Beria se seuns was Geber en Malkiël.
18. Dit was die seuns van Silpa, die slavin wat Laban vir sy dogter Lea gegee het. Hulle almal saam was 16 mense.
19. Jakob se vrou Ragel het twee seuns gehad. Hulle was Josef en Benjamin.