Genesis 45:23-25 Bybel vir Almal (ABA)

23. Josef het tien donkies vir sy pa gestuur waarop hulle die beste goed van Egipte gelaai het, en ook tien donkie-merries met koring en brood en kos. Dit was padkos vir sy pa.

24. Josef het sy broers teruggestuur na Kanaän en hy het vir hulle gesê: “Moenie vir mekaar kwaad word en stry op die pad nie.”

25. Hulle het weggegaan uit Egipte en hulle het in Kanaän aangekom by hulle pa Jakob.

Genesis 45