35. Toe Gusam sterf, het Hadad, die seun van Bedad, koning geword. Hadad het die Midianiete oorwin in die land Moab. Sy stad se naam was Awit.
36. Toe Hadad sterf, het Samla van die stad Masreka koning geword.
37. Toe Samla sterf, het Saul van die stad Regobot koning geword. Regobot was langs die rivier.
38. Toe Saul sterf, het Baäl-Ganan, die seun van Akbor, koning geword.
39. Toe Baäl-Ganan seun van Akbor sterf, het Hadar koning geword. Sy stad se naam was Paü. Hadar se vrou se naam was Mehetabel. Sy was die dogter van Matred en die kleindogter van Me-Sahab.
40. Hier is die name van die stamhoofde van die nageslag van Esau: Timna, Alwa, Jetet,
41. Oholibama, Ela, Pinon,
42. Kenas, Teman, Mibsar,
43. Magdiël en Iram. Hulle was almal stamhoofde van Edom. Die woonplekke het dieselfde name as die leiers gehad. Esau was die stamvader van die Edomiete.