Galasiërs 3:1-11 Bybel vir Almal (ABA)

1. Julle in Galasië moenie so dom wees nie! Ek het vir julle gepreek en so goed verduidelik dat Jesus Christus gekruisig is. Maar dit lyk vir my iemand het julle getoor en julle koppe deurmekaar gemaak.

2. Daar is een baie belangrike ding wat julle moet onthou: God het vir julle die Heilige Gees gegee. Hoekom? Nie omdat julle doen wat die wette sê nie, maar omdat julle die goeie boodskap gehoor en geglo het.

3. Julle moenie so dom wees nie! Toe julle begin glo het, het die Heilige Gees in julle begin werk, maar nou wil julle die werk met julle eie krag klaarmaak.

4. Daar het so baie dinge met julle gebeur, en nou lyk dit of dit alles niks gehelp het nie. Ek hoop nie so nie!

5. God gee vir julle die Heilige Gees en God doen wonderwerke in julle gemeentes. Hoekom doen Hy dit? Hy doen dit omdat julle die goeie boodskap gehoor het en dit glo, nie omdat julle doen wat die wette sê nie.

6. Dit het ook met Abraham gebeur: Hy het God gegloen God het hom vrygespreekvan sy sonde.

7. Daarom moet julle dit weet: Die kinders van Abraham is die mense wat in Christus glo.

8. Die Ou Testament het lank gelede gesê dat God die heidene sal vryspreek van hulle sonde omdat hulle glo. Daarom het God hierdie goeie boodskap vir Abraham gegee: Ek seën jou,en daarom sal Ekook al die heidene seën.

9. Daarom moet julle dit weet: God het vir Abraham geseën en God seën almal wat glo soos Abraham glo.

10. Daar is mense wat dink God spreek hulle vry omdat hulle doen wat die wette sê, maar God vervloek hulle. Want in die Ou Testament is geskryf: God vervloek elkeenwat nie alles doenwat in die wette geskryf is nie.

11. Ja, dit is waar. God spreek nie mense vry omdat hulle doen wat die wette sê nie. As mense doen wat die wette sê, dan spreek God hulle nie vry nie. Want in die Ou Testament is geskryf: Wanneer God mense vryspreekomdat hulle glo,dan sal hulle lewe.

Galasiërs 3