7. Terwyl ek terugloop, het ek gesien daar is baie groot bome op die wal van die rivier, langs altwee kante.
8. Die man het vir my gesê: “Hierdie water vloei na die oostekant van die land, dit vloei af na die Jordaan-vallei en dit sal in die Dooie See vloei. Die Dooie See se water vloei nie weer uit nie. Die rivier se water sal die Dooie See se water vars laat word, dit sal nie sout wees nie.
9. Oral waar die rivier vloei, sal daar baie diere wees, al die soorte diere en baie visse. Wanneer hierdie water in die see kom, dan sal die see se water vars word. Waar die rivier se water kom, daar sal alles lewe.
10. Vissermanne sal langs die see staan van En-Gedi tot by En-Eglajim. Dit sal ’n plek wees waar hulle die visnette droogmaak. Daar sal so baie verskillende soorte visse wees soos in die Middellandse See, en daar sal báie visse wees.
11. Maar die water in die vleie en die watergate langs die see sal nie vars word nie. Daardie water moet sout bly.