1. Daarna het die man my uitgebring na die buitenste oop stuk grond, by die noordekant. Daar het hy my gebring by die kamer oorkant die oop plek en oorkant die gebou by die noordekant van die tempel.
2. Die gebou by die noordekant van die tempel was 100 el lank en 50 el breed.
3. Die gebou was langs die binneste oop stuk grond wat daar 20 el breed was, en langs die oop plek in die buitenste oop stuk grond. Die gebou was op drie terrasse.
16-20. Die tempel-gronde was 500 meetriete lank en 500 meetriete breed, en daar was ’n muur rondom, die muur het die gewyde plek geskei van die wêreld daarbuite.