Esegiël 27:8-27 Bybel vir Almal (ABA)

8. Mense van die stede Sidon en Arwadhet jou geroei.Jy self, Tirus, het mense gehadwat die see geken het,hulle was jou matrose.

9. Leiers van die stad Gebal was die mensewat die plekke moes toemaakwaar water ingekom het,hulle kon dit goed doen.Al die skepe, en die mense op hulle,het na jou toe gekomom goed by jou te koopen om goed aan jou te verkoop.

10. Mense van die lande Paras, Luden Put was jou soldate.Hulle het hulle skildeen hulle helms in jou opgehang.Almal kon toe sien hoe belangrik jy is.

11. Jou soldate was op die mure rondom jou,by hulle was daar ook mannevan die stad Arwad,en op jou torings was daar mannevan die stad Gammad.Hulle het hulle klein ronde skildeopgehang teen jou mure.Dit het jou mooi gemaak,so mooi soos die mooiste stad.

12. Mense van die land Tarsishet vir jou goed gekoop en verkoop.Jy het baie goed gehad,hulle het dit geruil vir silwer, yster, tin en lood.

13. Mense van die lande Griekeland,Tubal en Mesekwas jou handelaars.Hulle het slawe en bronsgoedgeruil vir jou goed.

14. Die handelaars van die stad Bet-Togarmahet perde en muile geruil vir jou goed.

15. Mense van die stad Dedanwas jou handelaars.Mense van baie lande langs die seehet vir jou goed gekoop en verkoop.Hulle het vir jou ivoor en ebbehoutgegee om te betaal vir die goed.

16. Jy het baie goed gemaak,en mense van die land Aramhet daardie goed vir jou verkoop.Hulle het turkoois, pers wol-materiaal,bont materiaal, linne, koraal en robynegeruil vir jou goed.

17. Mense van die lande Juda en Israelwas ook jou handelaars.Hulle het koring van die land Minnit,vye, heuning, olyf-olie en balsemgomvir jou gegee vir jou goed.

18. Jy het baie goed gemaak,en mense van die stad Damaskushet daardie goed vir jou verkoop.Hulle het wyn van die stad Gelbonen wol van die stad Sagar gekry vir jou goed.

19. Mense van die stad Danen van Griekeland het goedvan die stad Usal gegee vir jou goed.Dit was ystergoed, kaneel en kalmoes.

20. Mense van die stad Dedanwas jou handelaars vir saalkleedjies.

21. Mense van die land Arabiëen die konings van die land Kedar,het lammers, skaap-rammeen bok-ramme vir jou gegeevir jou goed.

22. Handelaars van die lande Skebaen Rama was jou handelaars.Hulle het van die beste balsemen kosbare klipen goud vir jou gegee vir jou goed.

23. Mense van die stede Haran,Kanne en Eden,handelaars van die lande Skeba,Assirië en Kilmadwas ook jou handelaars.

24. Hulle het baie mooi klere,skouerdoeke van blou en bont materiaal,bont matte en sterk, gedraaide touvir jou gegee vir jou goed.

25. Skepe van Tarsis het geseilom vir jou goed te koop en te verkoop.Jy was ’n skip vol swaar goedin die middel van die see.

26. Jou manne wat jou geroei het,het jou ver in die diep see gebring,en daar het die sterk oostewindjou stukkend gebreekin die middel van die see.

27. Toe jy daardie dag sink,het alles saam met jou gesinkin die middel van die see:alles wat jy gehad heten wat jy geruil het, jou matrose,die manne wat die plekke moes toemaakwaar water ingekom het,jou handelaars, al jou soldate,al jou mense wat op jou was.

Esegiël 27