1. Ek het gehoor die Here sê vir my:
2. “Mens, jy moet jou gesig na die Ammoniete toe draai en jy moet my boodskap teen hulle bring.
3. Jy moet vir die Ammoniete sê: Julle moet luister na wat die Here sê, Hy wat Here is. Die Here, Hy wat Here is, sê: Julle het lekker gekry toe die vyande my tempel ontwy het, toe hulle die land Israel verwoes het, en toe die volk Juda gevangenes geword het.