Esegiël 2:2-7 Bybel vir Almal (ABA)

2. Terwyl Hy praat, het die Gees in my gekom en my regop laat staan. Ek het gehoor die Persoon praat met my.

3. Hy het vir my gesê: “Mens, Ek stuur jou na die Israeliete toe. Hulle is ’n opstandige volk wat ongehoorsaam is aan My. Hulle en hulle voorvaders wou nie luister na My nie, tot vandag toe.

4. Hulle is hardkoppige mense en hulle wil nie luister nie. Ek stuur jou na hulle toe, en jy moet vir hulle sê wat Ek, die Here, sê.

5. En húlle, hulle moet weet dat daar ’n profeet tussen hulle is. Hulle moet dit weet as hulle luister en hulle moet dit ook weet as hulle nie luister nie. Want hulle is ’n opstandige volk.

6. En jy, mens, jy moenie bang wees vir hulle nie. Jy moenie bang wees vir wat hulle sê nie, ook wanneer hulle hardkoppig is en dit vir jou voel of jy op dorings en skerpioene sit. Jy moenie bang wees vir wat hulle sê nie en jy moenie skrik vir hulle nie, want hulle is ’n opstandige volk.

7. Hulle is hardkoppig, maar jy moet vir hulle sê wat Ek sê, as hulle luister en ook as hulle nie luister nie.

Esegiël 2