Eksodus 39:1-5 Bybel vir Almal (ABA)

1. Besaleël en die kleremakers het die gewyde klere vir Aäron gemaak soos die Here vir Moses gesê het. Hulle het die klere van blou, pers en rooi wol-materiaal gemaak. Aäron het dit gedra wanneer hy in die tempel gewerk het.

2. Die kleremakers het die skouer-kleed gemaak van goud, van blou, pers en rooi wol-materiaal en van goeie linne-materiaal.

3. Hulle het goud plat geslaan en hulle het dun drade daarvan gesny. Hulle het met hierdie goue drade geborduur op die blou, pers en rooi wol-materiaal en linne-materiaal.

4. Hulle het die voorste en agterste stukke van die skouer-kleed aan mekaar vasgemaak met twee skouerbande.

5. Hulle het die belt gemaak wat by die skouer-kleed gepas het, hulle het dit van dieselfde materiaal gemaak. Hulle het dit gemaak van goud, van blou, pers en rooi wol-materiaal en van goeie linne-materiaal, soos die Here vir Moses gesê het.

Eksodus 39