Eksodus 27:17-20 Bybel vir Almal (ABA)

17. Julle moet al die pale en hulle hake van silwer maak, en die voetstukke van brons.

18. Die oop stuk grond moet 100 el lank en 50 el breed wees, en die gordyne moet vyf el hoog wees. Julle moet die gordyne maak van goeie linne-materiaal en die voetstukke van brons.

19. Julle moet al die gereedskap vir die werk in die tempel-tent en al die tentpenne van brons maak.”

20. “Sê vir die Israeliete hulle moet vir jou skoon olyf-olie bring. Julle moet die olyf-olie in die lampe gooi, sodat daar altyd ’n lig is wat brand in die tempel-tent.

Eksodus 27