Eksodus 26:9-22 Bybel vir Almal (ABA)

9. Werk eers vyf stukke materiaal aan mekaar vas, en dan die ander ses stukke materiaal. Julle moet die sesde stuk materiaal dubbel vou. Dit moet aan die voorkant van die tent wees.

10. Julle moet 50 lissies vaswerk aan die kant van elke stuk materiaal.

11. Dan moet julle ook 50 brons hakies vaswerk aan elke stuk materiaal en julle moet die hakies in die lissies sit. As julle dan die tent opslaan, sal die stukke materiaal almal vas aan mekaar wees.

12. Die stuk materiaal wat oorbly, moet oorhang agter die tempel-tent.

13. Aan elke lang kant van die tent sal een el oorhang om dit toe te maak.

14. Julle moet ook ’n seil maak van skaapvelle wat julle rooi gekleur het. Dan moet julle nog ’n seil maak van velle wat julle sag gemaak het, en julle moet dit bo-oor die rooi seil sit.

15. Julle moet rame van doringhout maak om die tempel-tent regop te hou.

16. Elke raam moet tien el lank en een en ’n halwe el breed wees.

17. Elke raam moet twee houtpenne en twee gate hê sodat julle die pale goed aan mekaar kan vassit. So moet julle maak met al die rame van die tempel-tent.

18. Julle moet 20 rame maak vir die suidekant van die tempel-tent.

19. Julle moet ook 40 voetstukke van silwer maak en julle moet die voetstukke onder die 20 rame sit, twee voetstukke onder elke raam waar die houtpenne is.

22. Vir die westekant van die tempel-tent moet julle ses rame maak,

Eksodus 26