Deuteronomium 18:2-5 Bybel vir Almal (ABA)

2. Die priesters het nie hulle eie grond by die ander Israeliete nie. Die Here self behoort aan hulle, Hy het dit vir hulle belowe.

3. Hier is die dinge wat die Israeliete vir die priesters moet gee: Elke persoon wat ’n bees of ’n skaap of ’n bok offer, moet vir die priester ’n skouerblad van die dier gee, ook die kakebene en die pens van die dier.

4. Julle moet ook vir die priester die eerste koring en wyn en olyf-olie gee, ook die eerste wol en die eerste hare wat julle van julle skape en bokke afskeer.

5. Julle moet dit doen omdat julle God die Here vir Levi en sy nageslag uit al die stamme gekies het om vir Hom in die tempel te werk.

Deuteronomium 18