9. wat ek met julle sal doen as julle nie vir my kan sê wat ek gedroom het nie. Julle wil eers saam besluit om vir my iets te vertel wat nie waar is nie. Julle hoop daar gebeur iets wat julle sal help. Daarom, sê nou vir my wat ek gedroom het, dan sal ek weet julle kan ook vir my sê wat dit beteken.”
10. Die slim mense het vir die koning gesê: “Niemand op die aarde kan doen wat die koning wil hê nie. Daar is nie een ander belangrike koning wat so iets vir ’n slim mens gevra het nie.
11. Die koning wil hê ons moet iets doen wat ons nie kan doen nie. Niemand anders kan dit doen nie. Net die gode kan dit doen, en hulle woon nie hier by die mense nie.”
12. Die koning word toe baie kwaad, en hy sê sy soldate moet al die wyse mense in Babel doodmaak.
13. Toe die koning sê hulle moet die wyse mense doodmaak, het die soldate vir Daniël en sy vriende ook gesoek om hulle dood te maak.
14. Arjok was die hoof van die soldate wat die koning moes oppas, en die koning het gesê hy moet die wyse mense van Babel doodmaak. Arjok het gegaan om dit te doen, maar toe het Daniël met hom gaan praat. Daniël was slim om met Arjok te gaan praat.
15. Hy het vir Arjok gevra: “Hoekom is die koning so kwaad? Hoekom het hy besluit om ons dood te maak?”Arjok het vir Daniël vertel wat gebeur het.
16. Daniël het na die koning toe gegaan en gevra die koning moet ’n bietjie wag, dan sal hy vir die koning sê wat die droom beteken.
17. Daniël het huis toe gegaan en vir sy vriende Gananja, Misael en Asarja vertel wat gebeur het.
18. Hy het gebid die God van die hemel moet vir hulle goed wees en vir hom sê wat die koning gedroom het. Dan sal die koning se manne nie vir Daniël en sy vriende doodmaak saam met die ander wyse mense van Babel nie.
19. Die God van die hemel het daardie nag vir Daniël gewys wat die koning gedroom het. Daniël het God geprys.
20. Hy het gesê:“Die mense moet die Naamvan God altyd prys,want Hy weet allesen Hy is baie sterk.
21. Hy laat jare en maande verbygaanen Hy sê wat moet gebeur.Hy vat konings weg,Hy kies nuwe koningsen stel hulle aan.God gee wysheid en kennisvir wyse en verstandige mense.
22. Hy help mense om moeilike dingete verstaan.Hy weet wat in die donker is,want by Hom is lig.
23. Ek prys U,God van my voorvaders,want U het vir my wysheid gegeeen U het my sterk gemaak.U het vir my gesêwat ek vir U gevra het.U het vir ons gesêwat die koning gedroom het.”
24. Daarna het Daniël na Arjok toe gegaan. Arjok moes die wyse mense van Babel doodmaak. Daniël het vir Arjok gesê: “Jy moenie die wyse mense van Babel doodmaak nie. Vat my na die koning toe, dan sal ek vir hom sê wat sy droom beteken.”
25. Arjok het gou vir Daniël na die koning toe gebring en vir die koning gesê: “Ek het ’n man gekry wat vir jou kan sê wat die droom beteken. Dit is een van die gevangenes wat uit Juda gekom het.”