1 Samuel 20:36-40 Bybel vir Almal (ABA)

36. Jonatan het vir die seun gesê: “Jy moet hardloop en asseblief die pyle soek wat ek skiet.”Die seun het gehardloop, en Jonatan het ’n pyl verby hom geskiet.

37. Toe die seun by die plek kom waarnatoe Jonatan die pyl geskiet het, het Jonatan vir die seun geskree: “Die pyl is anderkant jou.”

38. En Jonatan het vir die seun geskree: “Jy moet gou maak, jy moet hardloop, jy moenie staan nie.”Die seun het die pyl opgetel en hy het na Jonatan toe gekom.

39. Die seun het niks geweet nie, maar Jonatan en Dawid het geweet wat Jonatan se woorde beteken.

40. Jonatan het sy wapens vir die seun gegee en vir hom gesê: “Gaan neem dit na die stad.”

1 Samuel 20