19. Al die mense het vir Samuel gesê: “Jy moet tot jou God die Here bid en vra dat ons nie sal sterf nie, want ons het baie sondes gedoen, en nou het ons ook nog hierdie verkeerde ding gedoen om ’n koning te vra.”
20. Samuel het vir die volk gesê: “Julle moenie bekommerd wees nie. Julle het ál hierdie verkeerde dinge gedoen, maar julle moenie weggaan van die Here nie, julle moet Hom dien met julle hele hart.
21. Julle moenie weggaan van Hom nie, want dan gaan julle na die afgode toe wat niks beteken nie en wat nie kan help en red nie.