1 Kronieke 9:5-19 Bybel vir Almal (ABA)

5. Van die mense van die stad Silo was daar die oudste seun Asaja en sy seuns.

6. Van die nageslag van Serag was daar Jeüel en sy familie, hulle was almal saam 690 mense.

7. Van die Benjamin-stam was daar Sallu seun van Mesullam seun van Hodauja seun van Senua,

8. Jibneja seun van Jerogam, Ela seun van Ussi seun van Mikri, en Mesullam seun van Sefatja seun van Reüel seun van Jibneja,

9. en hulle ander familie. Hulle was almal saam 956 mense. Al hierdie manne was hoofde van hulle families.

10. Hier is die name van die priesters wat in Jerusalem gewoon het: Jedaja, Jojarib, Jakin,

11. Asarja seun van Gilkija seun van Mesullam seun van Sadok seun van Merajot seun van Agitub, die hoof van die tempel.

12. Daar was ook Adaja seun van Jerogam seun van Pasgur seun van Malkija, en Masai seun van Adiël seun van Jagsera seun van Mesullam seun van Mesillemot seun van Immer.

13. Daar was ook hulle ander familie, die hoofde van families. Hulle was almal saam 1 760 priesters. Hulle was belangrike manne wat die werk in die tempel kon doen.

14. Die Leviete was Semaja seun van Gassub seun van Asrikam seun van Gasabja van die nageslag van Merari.

15. Daar was ook Bakbakkar, Geres, Galal en Mattanja seun van Miga seun van Sikri seun van Asaf,

16. en Obadja seun van Semaja seun van Galal seun van Jedutun, en Berekja seun van Asa seun van Elkana. Elkana het gewoon in die dorpe naby die stad Netofa.

17. Die poortwagte was Sallum, Akkub, Talmon, Agiman en hulle familie. Sallum was die hoof.

18. Hierdie familie is nou nog by die Koning-poort oos van die tempel. Hulle was voorheen die poortwagte by die tente van die Leviete.

19. Daar was ook Sallum seun van Kore seun van Ebjasaf seun van Korag, en sy familie. Die Korag-familie se werk was om wag te staan by die deure van die tent. Hulle voorvaders was wagte by die ingang van die kamp van die Here.

1 Kronieke 9