1 Kronieke 4:25-43 Bybel vir Almal (ABA)

25. Saul was die pa van Sallum, Sallum was die pa van Mibsam, en Mibsam was die pa van Misma.

26. Die seuns van Misma was Gammuel, Sakkur en Simeï.

27. Simeï het 16 seuns en ses dogters gehad, maar sy broers het nie baie kinders gehad nie. Hulle families almal saam was minder as die nageslag van Juda.

28. Die Simeon-stam het gewoon in die stede Berseba, Molada, Gasar-Sual,

29. Bilha, Esem, Tolad,

30. Betuel, Siklag,

31. Bet-Markabot, Gasar-Susim, Bet-Biri, en Saärajim. Hierdie stede het aan die Simeon-stam behoort totdat Dawid koning geword het.

32. Hulle het ook vyf kleiner dorpies gehad, die dorpies was Etam, Ajin, Rimmon, Token en Asan.

33. Hulle het ook nog al die klein dorpies gehad wat rondom hulle stede was, tot by die stad Baäl. Dit is waar die Simeon-stam gewoon het, en hulle name is geskryf in die naamlys.

34. Ander leiers in die families was: Mesobab, Jamlek, Josa seun van Amasja,

35. Joël, Jehu seun van Josibja seun van Seraja seun van Asiël,

36. Eljoënai, Jaäkoba, Jesogaja, Asaja, Adiël, Jesimiël, Benaja,

37. Sisa seun van Sifi seun van Allon seun van Jedaja seun van Simri seun van Semaja.

38. Hulle name is geskryf in die naamlys en hulle was leiers in hulle families. Hulle het baie groot families gehad.

39. Hulle het getrek tot naby die stad Gedor, oos van die vallei. Hulle het weiveld gesoek vir hulle skape en bokke,

40. en hulle het vrugbare grond en goeie weiveld gekry. Die land was oop na al die kante toe en dit was stil en veilig. Voorheen het mense van die land Gam daar gewoon,

41. maar in die tyd toe koning Hiskia van Juda regeer het, het hierdie mense van die Simeon-stam daarnatoe gekom, hulle name was geskryf in die naamlys. Hulle het die Gam-mense oorwin en hulle woonplekke gevat. Hulle het ook die Meüniete oorwin wat hulle daar gekry het. Hulle het al die mense doodgemaak en hulle het daar gaan woon in die Meüniete se plek, want daar was weiveld vir hulle skape en bokke.

42. Daar was 500 manne van die Simeon-mense wat na die Seïr-berge gegaan het. Hulle leiers was Pelatja, Nearja, Refaja en Ussiël seun van Jisi.

43. Hulle het die Amalekiete wat oorgebly het, doodgemaak, en hulle woon nou nog daar.

1 Kronieke 4