4. Hy het ook party Leviete gekies en aangestel om by die kis van die Here te werk. Hulle werk was om vir die Here, die God van Israel, te sing en dankie te sê en om Hom te prys.
5. Asaf was die hoof van hierdie Leviete, en die onder-hoof was Sagaria. Jeïel, Semiramot, Jegiël, Mattitja, Eliab, Benaja, Obed-Edom en Jeïel het die harpe en liere gespeel, en Asaf het die simbale geslaan.
6. Die priesters Benaja en Jagasiël moes aanhou om trompette te blaas voor die verbondskis van God.
7. Daardie dag het Dawid die eerste maal vir Asaf en sy familie gesê hulle moet ’n lied sing vir die Here. Die lied se naam was: “Julle moet vir die Here dankie sê.”