39. Al die plante of liggame lyk nie dieselfde nie. Daar is liggame van mense, liggame van diere, van voëls, en van visse.
40. En daar is ook hemelse liggame, die son, die maan en die sterre, en daar is liggame van dinge op die aarde. Hemelse liggame is baie mooi, maar dit is anders mooi as die liggame op die aarde.
41. Die son, die maan en die sterre is almal mooi, maar hulle is nie dieselfde nie. Ja, daar is baie sterre, en elke ster is mooi, maar hulle is nie dieselfde nie.
42. So sal dit ook wees wanneer God die mense wat dood is, weer laat lewe. Die mense begrawe ’n liggaam soos hulle ’n koringkorrel in die grond plant, en die liggaam word stof, maar God laat ’n liggaam lewe wat nie stof kan word nie.
43. Die mense begrawe ’n liggaam wat lelik is, maar God laat ’n liggaam lewe wat mooi is. Die mense begrawe ’n liggaam wat swak is, maar God laat ’n liggaam lewe wat sterk is.
44. Die mense begrawe ’n liggaam wat nie alles kan doen wat God wil hê nie, maar God laat ’n liggaam lewe wat alles kan doen wat God wil hê. As daar ’n liggaam is wat nie alles kan doen wat God wil hê nie, dan moet daar ook ’n liggaam wees wat alles kan doen wat God wil hê.
45. In die Ou Testament is geskryf: Adam, die eerste mens,het iemand geword wat lewe.Maar die laaste Adam, Christus, het iemand geword wat geestelike lewe gee.
46. Julle moet onthou, die liggaam wat alles kan doen wat God wil hê, is nie eerste nie. Die liggaam wat nie alles kan doen wat God wil hê nie, is eerste, daarna kom die ander liggaam.
47. God het die eerste mens gemaak van die stof van die aarde. Maar die tweede Mens kom uit die hemel.
48. Die mense van stof is soos Adam, hy was die eerste mens van stof. Die mense van die hemel is soos Christus, Christus is die Mens uit die hemel.
49. Nou is ons soos die mens van stof, maar eendag sal ons wees soos die Mens uit die hemel.
50. Vriende, julle moet dit weet: Ons kan nie eendag wees daar waar God Koning is terwyl ons die liggame het wat ons nou het nie. Nee, ’n liggaam wat stof word, kan nie ’n liggaam word wat altyd sal lewe nie.
51. Nou gaan ek iets vir julle vertel wat niemand voorheen geweet het nie. Ons sal nie almal sterf nie, maar God sal ons almal verander.
52. Dit sal baie vinnig gebeur, so vinnig soos ’n mens jou oog knip. Dit sal gebeur wanneer die laaste trompet blaas. Die trompet sal blaas, en dan sal God die mense wat dood is, weer laat lewe. Hulle liggame sal nooit stof kan word nie. God sal ons ook verander, ons wat nog sal lewe wanneer Christus weer kom.
53. Want hierdie liggaam kan stof word, maar God moet vir ons ’n ander liggaam gee wat nie stof kan word nie. Hierdie liggaam kan sterf, maar God moet vir ons ’n ander liggaam gee wat nie kan sterf nie.
54-55. Wanneer God dit alles gedoen het, wanneer Hy vir ons ’n liggaam gegee het wat nie stof kan word en wat nie kan sterf nie, dan sal die woorde waar word wat in die Ou Testament geskryf is: God het die doodheeltemal oorwin. Dood, dink jy dat jy altydsal oorwin?Nee, jy sal nie.Dood, dink jy dat jy sal aanhouom mense te laat sterfsoos wanneer bye mensedoodsteek met hulle angels?Nee.