1 Konings 17:19-24 Bybel vir Almal (ABA)

19. Hy het vir haar gesê: “Gee jou seun vir my.”Elia het die seun uit haar arms geneem en hy het die seun na die bo-kamer gedra. Elia het daar gewoon. Hy het die seun op sy bed neergesit

20. en hy het tot die Here gebid en gesê: “My God die Here, wil U dit sleg laat gaan met hierdie weduwee? Sy het gesê ek mag hier woon, en nou het U haar seun laat sterf.”

21. Toe gaan lê Elia drie maal op die kind en hy bid tot die Here en hy sê: “My God die Here, laat asseblief hierdie kind se lewe terugkom in hom.”

22. Die Here het gedoen wat Elia gevra het. Die lewe van die kind het teruggekom in hom en hy het weer begin lewe.

23. Elia het die kind ondertoe gedra in die huis in. Hy het die kind vir sy ma gegee en vir haar gesê: “Hier is jou kind, hy lewe.”

24. Die vrou het vir Elia gesê: “Nou weet ek jy is regtig ’n man van God. Die dinge wat die Here sê jy moet sê, is die waarheid.”

1 Konings 17